Veldskool  & Avontuurkamp

"Ons sit die pret 
 terug in Leer"

GRATIS: laai 2010 Skoolkalender af

GRATIS: Laai Bayete
kleurbrosjure af.

  


Bayete Avontuurkamp is Suid-Afrika se leidende opleidingsentrum vir enige leierskapkamp, spanboukamp, avontuurkamp, natuurkamp, veldskool en jeugopleiding.  Verskillende programmodules word deur opgeleide instrukteurs en fasiliteerders aangebied.

Bayete  is a wonderlike veldskool opleidingsgeleentheid en Afrika eko-ondervinding vir elke besoeker. Gehalte opleiding, interessante programme en opwindende aktiwiteite word aangebied.  Alle ouderdomsgroepe en vlakke is welkom by Bayete, insluitende kinders, skoliere, die jeug, studente en volwassenes.

Bayete is slegs 1½ tot 2 uur se reistyd vanaf enige plek in Gauteng en word met die N1 Noord snelweg bereik. Bayete  is in 'n wildsplaas in die hart van die Limpopo Bosveld aan die voetheuwels van die pragtige Waterberge geleë.

 


Bayete kan 250 besoekers op 'n keer in drie afsonderlike kampe huisves. Die geriewe by Bayete is van goeie gehalte, en sluit onder andere lesingsale, slaaplokale, goeie en genoeg ablusiegeriewe, berg chalets, 'n goed-toegeruste kombuis, sportvelde, 'n swembad, 'n hindernisbaan, 'n rotsklimwand, staproetes en 'n verskeidenheid ander geriewe in.  Daar is ook 'n interessante Boskamp vir diegene wat selfsorg verkies, en 'n snoepwinkel op die terrein.

Verskillende tipes kampe, opleiding en opvoedkundige uitstappies word vir skoolleerlinge, studente, families, kerkgroepe, sportlui en die sakesektor aangebied:  Avontuurkampe, veldskool en leierskap, Karakterbou, Prefekte/leerlingraad,  Lewensvaardighede en spanbou, Sportklinieke, Natuurlewe/ekologie, Pa-seun- en Ma-dogterkampe en Korporatiewe opleiding vir die sakesektor. 

Voedsame, smaakvolle en gesonde etes word deur die spysenieringspan van Bayete voorberei. Geen besoeker is met kosvoorbereiding gemoeid nie.  Die welstand van kinders en besoekers is van die hoogste prioriteit vir Bayete en word verantwoordelik hanteer. 

Die inhoud en struktuur van elke kursus/kamp  word vooraf  bepaal volgens die spesifieke behoeftes van die besoekende groep.

Kursusse kan ten volle deur die opgeleide span van Bayete aangebied word, of besoekers wat dit verkies kan hulle eie programme gedeeltelik of ten volle volg, of van buite fasiliteerders daarvoor gebruik maak. Kursusse word gestruktureer om formele lesings, rolvertolking, teater, debat, spanbou, stap, leierskap, sport en kampvuuraande in te sluit.  Klem word ook waar van toepassing op die natuur en omgewingsake laat val.

Belangrike skakels:

        Bird Spotter's guides

        Bushveld Breeze Newsletter

        Kammaland Landgoed  

        Bushveld properties

        Tradisionele Afrika musiek CD

        Home to Bushveld Directory home page