Klik om GRATIS
brosjure af te laai.

Kyk na Fase 1
Uitlegplan

Word deel van die Natuur

Kammaland Landgoed in die romantiese Bosveld 17 km vanaf Naboomspruit bied 'n rustige, unieke en gehalte leefstyl aan inwoners wat permanent of in vakansietye van die stadsgewoel wil ontvlug na hulle eie, gerieflike vakansie skuilplek.  Erwe vir woonhuise en 'n beperkte aantal woonwastaanplekke is te koop.
Kammaland beskik reeds oor groot warm- en kouewater swembaddens, 'n kinderspeelpark, ontspanningsaal, ander geriewe en heelwat wild soos rooibokke, blesbokke, waterbokke en bosbokke wat vry binne die sekuriteitsomheining rondbeweeg.  In 'n volgende fase word volledige sekuriteit en toegangbeheer ingestel en word 'n mini-gimnasium, 'n haar- en naelsalon, 'n restaurant en nood mediese sorg beplan.
 

To English Page

Wonings

Ongeveer 100 woonerwe, verskeie daarvan met fraai uitsigte oor die Waterberge en die omgewing, word te koop aangebied.

Erfgroottes wissel van 450m² tot 625m² en pryse van R150 000 tot R350 000.  Die eienaar moet binne 5 jaar na koop 'n woning van minstens 75m² op die perseel bou wat aan sekere voorskrifte soos teeldakke voldoen. 'n Gerespekteerde konstruksiemaatskappy is by die skema betrokke waarvan kopers gebruik kan maak. 
 

Die heffings op woonerwe is R200 per maand vir onbebou en R750 per maand sodra okkupasie van die woning geneem is. Die heffing sluit alle kostes bv vir water en vullisverwydering in, maar nie krag nie, wat deur middel van voorafbetaal meters voorsien word.
Woonwastaanplekke

Elke woonwastaanplek is minstens 10m X 15m groot met sy eie moderne badkamer en kombuis.  Elke staanplek word ook voorsien van 'n 7m X 7m betonblad. Eienaars kan binne perke hulle staanplekke verpersoonlik. Woonwaens kan permanent op die terrein gelaat word. 

Slegs 33 woonwastaanplekke is beskikbaar, waarvan 'n hele aantal reeds verkoop is.  Die woonwastaanplekke is beskikbaar teen R110 000 en R150 000, met 'n maandelikse heffing van R200.

Wanneer eienaars nie self van hulle wonings of woonwastaanplekke gebruik maak nie, kan dit vir hulle uitverhuur word, wat 'n handige addisionele inkomste teweeg kan bring.
Algemeen

Kammaland Landgoed word soos 'n dorpie in die kleine ontwikkel met paaie, straatbeligting, vullisverwydering en die beskikbaarheid van munisipale krag.  Sekere huisreëls moet deur die eienaars nagekom word om die rustigheid van die omgewing en die skoonheid van die natuur te beskerm.

Kammaland Landgoed is geregistreer as 'n aandeleblokskema in terme van Wet 59 van 1980, soortgelyk as die meeste woonstelle aan die Durbanse strandfront, wat verseker dat die belegging veilig is en in waarde kan toeneem. Die skema word deur die kopers of eienaars as die aandeelhouers beheer en  bestuur.

In spesifieke gevalle, waar voornemende kopers oor voldoende deposito beskik, bied die ontwikkelaar gewaarborgde lenings vir kopers aan. Hierdie inligting is Oktober 2009 opgedateer.

 


Kontak:  014 743 1968

e-pos:  info@adverta.co.za

 

Belangrike skakels:

        Bayete Avontuurkamp & Opleidingsentrum (Afr.)

        Bushveld Breeze Nuusbrief

       
Bushveld Eiendomme

        Tradisionele Afrika musiek CD

        Tuis na Bosveld Inligtingsgids voorblad