Vrywaring! 

Veldskool en Bosveld
Avontuurkamp 

Avontuurskool

Besprekings en navrae:

Tel: 014 743 1968

 

E-pos:

 Bayete Avontuurskool (klik)


Kyk na Kaart


To English
site

Bayete  is a wonderlike veldskool opleidingsgeleentheid en Afrika eko-ondervinding vir elke besoeker. Gehalte opleiding, interessante programme en opwindende aktiwiteite word aangebied.  Alle ouderdomsgroepe en vlakke is welkom by Bayete, insluitende kinders, skoliere, die jeug, studente en volwassenes.
Bayete  is in 'n wildsplaas in die hart van die Bosveld aan die voetheuwels van die pragtige Waterberge geleë.

Bayete is slegs 1½ tot 2 uur se reistyd vanaf enige plek in Gauteng bereikbaar, en word via die N1 snelweg bereik.

Bayete kan meer as 200 besoekers op 'n keer in drie afsonderlike kampe huisves.

Die geriewe by Bayete is van goeie gehalte, en sluit onder andere lesingsale, slaaplokale, berghutte, 'n goed-toegeruste kombuis, sportvelde, 'n swemboed, 'n hindernisbaan, staproetes en 'n Boskamp in.
 

Verskillende tipes kampe, opleiding en opvoedkundige uitstappies word vir skoolleerlinge, studente, families, kerkgroepe, sportlui en die sakesektor aangebied. 

Bayete staan onder die direkte beheer van  Carel Venter, wat aan die hoof van veldskole vir die voormalige Transvaalse Provinsiale Administrasie gestaan het.  Hy word bygestaan deur 'n dinamiese, jong en professionele span met wie die jeug maklik kan assosieer en identifiseer.

Huisvesting sluit basiese slaapsale vir kinders met voldoende ablusiegeriewe en storte in.  Aparte woonstelle en berghutte is vir onderwysers/groepleiers beskikbaar.  Daar is ook 'n interessante Boskamp.

Voedsame, smaakvolle en gesonde etes word deur die spysenieringspan van Bayete voorberei. Geen besoeker is met kosvoorbereiding gemoeid nie.

Die welstand van kinders en besoekers is van die hoogste prioriteit vir Bayete en word verantwoordelik hanteer.  Daar word nie meer van 'n deelnemer verwag as waartoe hy in normale omstandighede in staat is nie.  Opgeleide noodhulp- personeel en toerusting is by Bayete beskikbaar.  Volle mediese dienste en 'n hospitaal is slegs 15 minute vanaf die terrein geleë.

Kursusse by Bayete vir skoliere, studente en kerkgroepe


Avontuurkampe, veldskool en leierskap, karakterbou, prefekte/leerlingraad, lewensvaardighede en spanbou, sport- en sportklinieke (rugby, netbal, hokkie) natuurlewe/ekologie, pa-seun- en ma-dogterkampe en korporatiewe opleiding vir die sakesektor.
Die inhoud en struktuur van elke kursus/kamp  word vooraf  bepaal volgens die spesifieke behoeftes van die besoekende groep.

Kursusse kan ten volle deur die span van Bayete aangebied word, of besoekers wat dit verkies kan hulle eie programme gedeeltelik of ten volle volg, of van buite fasiliteerders daarvoor gebruik maak.  

Kursusse word gestruktureer om formele lesings, rolvertolking, teater, debat, spanbou, stap, sport en kampvuuraande in te sluit.

Klem word ook waar van toepassing op die natuur en omgewingsake laat val. 'n Snoepwinkel is op die terrein beskikbaar.
Besprekings

As gevolg van Bayete se gewildheid en die feit dat heelparty skole die kamp drie tot vier keer per jaar gebruik en vooruit bespreek, moet besprekings vroegtydig gedoen word.

'n Deposito is met bevestiging van die bespreking betaalbaar, en die volle bedrag voor die aanvang van die kamp.

Bespreek by tel
014 743 1968
of d. m. v. e-pos by:

Bayete Avontuurskool (klik)

   


 


Go to: Bushveld directory (click on item):

        Art, curio's, gifts, glassware and crafts
        Birding, bird watching, bird courses, bird routes
        Bushveld maps
        Hunting & bow hunting

        Home (Bushveld Directory Home Page)